Eksodus 36:11-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Hy het lissies van blou materiaal gemaak aan die soom van die buitenste gordyn van die een stel; hy het dieselfde gemaak aan die soom van die laaste gordyn van die tweede stel.

12. Vyftig lissies het hy gemaak aan die een gordyn en vyftig lissies het hy gemaak aan die kant van die gordyn van die tweede stel. Die lissies was die een teenoor die ander.

13. Hy het ook vyftig goue hakies gemaak en die gordyne aan mekaar vasgesit met die hakies sodat die tabernakel een geheel was.

Eksodus 36