32. Na dit het al die seuns van Yisra’el nader gekom en hy het hulle alles beveel wat יהוה met hom gepraat het op die berg Sinai.
33. Toe Moshe klaar met hulle gepraat het, het hy ’n sluier oor sy gesig gesit,
34. maar wanneer Moshe voor יהוה ingegaan het om met Hom te praat, het hy die sluier afgehaal totdat hy uitgaan. Hy het uitgegaan en vir die seuns van Yisra’el alles gesê wat hom beveel is.
35. Wanneer die seuns van Yisra’el na die gesig van Moshe kyk en sien dat die vel van Moshe se gesig skyn, dan trek Moshe weer die sluier oor sy gesig totdat hy ingaan om met Hom te praat.