Eksodus 30:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Jy moet ’n altaar maak om reukwerk op te brand. Jy moet dit van akasiahout maak.

2. Sy lengte moet ’n el wees en sy breedte ’n el; dit moet vierkantig wees. Sy hoogte is twee el. Sy horings moet uit dieselfde stuk wees.

3. Jy moet die bokant, die sykante rondom en die horings met suiwer goud oortrek. Maak ook daarvoor ’n goue rand rondom.

4. Jy moet ook twee goue ringe daarvoor maak onderkant die rand, aan weerskante, aan die twee sykante. Hulle moet dien as houers vir pale om dit mee te dra.

5. Maak die pale van akasiahout en trek dit met goud oor.

6. Sit dit dan voor die verdelingsgordyn wat voor die Ark van die Getuienis is, voor die Toedekking wat oor die Getuienis is, waar Ek met jou sal ontmoet.

7. Aharon moet elke oggend reukwerk van speserye daarop brand; wanneer hy die lampe doof, moet hy dit aan die brand steek

Eksodus 30