9. Moshe het opgegaan saam met Aharon, Nadav, Avihu en sewentig van die oudstes van Yisra’el
10. en hulle het die God van Yisra’el gesien en onder Sy voete was dit net soos ’n vloerwerk van stene van saffier en so helder soos die hemele self.
11. Hy het nie Sy hand teen die leiers van die seuns van Yisra’el uitgesteek nie en hulle het God gesien en het geëet en gedrink.
12. יהוה sê vir Moshe: “Kom die berg op na My toe en bly daar en Ek sal vir jou die kliptafels met die wet gee en die opdragte wat Ek geskryf het om hulle te leer.”