1. Hierdie is die name van die seuns van Yisra’el wat in Mitzrayim ingekom het; elkeen het met sy huisgesin saam met Ya’akov gekom:
2. Re’uven, Shim’on, Levi en Y’hudah;
3. Yissakhar, Z’vulun en Binyamin;
4. Dan, Naftali, Gad en Asher.
5. Al hierdie lewens wat uit Ya’akov se lendene voortgekom het, was sewentig siele, maar Yosef was reeds in Mitzrayim.Hand 7:14
6. Yosef, al sy broers en daardie hele geslag is dood.
7. Die kinders van Yisra’el was vrugbaar en het uitermate vermeerder, hulle het buitengewoon baie geword en hulle het die land gevul.