17. Sit die kopskerm van verlossing op
18. In alle gebede en in alle begeertes, bid by elke geleentheid in die Gees. Wees elke oomblik in Hom waaksaam in gebed terwyl julle voortdurend bid en intree vir die afgesonderdes
19. en vir my sodat ’n boodskap vir my gegee mag word as ek my mond oopmaak om openlik die geheime van die goeie boodskap te verkondig,
20. waarvoor ek ’n ambassadeur in kettings is sodat ek dit met vrymoedigheid mag sê soos dit vir my nodig is om te praat.
21. Tugikos, ’n vertrouenswaardige dienaar in die Meester en die broer vir wie ons lief is, sal julle alles vertel wat ek doen sodat julle ook my omstandighede kan ken.
22. Ek sal hom juis hiervoor na julle toe stuur sodat julle ons omstandighede kan ken en hy julle gedagtes, wil en emosie kan versterk en vertroos.