4. ook nie beledigende, dwase, growwe of onsinnige praatjies, wat nie nodig is nie, maar eerder van dankbaarheid,
5. want hierdie weet julle, dat daar vir die seksuele oortreder of onreine of gierigaard, wat ’n afgodsaanbidder is, nie ’n erfporsie in die Koninkryk van Die Gesalfde Een en van God is nie.
6. Laat niemand julle met leë woorde mislei nie, want daardeur kom die woede van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid;
7. moet daarom nie vennote saam met hulle word nie,
8. want julle was eers duisternis, maar nou is julle lig in eenheid met ons Meester. Leef daarom soos kinders van die Lig,
9. want die vrug van die Lig bestaan in alle goedheid, onpartydige opregtheid en waarheid.
10. Onderskei wat voor ons Meester aanvaarbaar is
11. en moet ook nie gemeenskap hê met diensknegte van die duisternis nie, want daar is geen vrug in hulle nie, maar jy moet hulle bestraf,
12. want wat hulle in die privaatheid doen is afskuwelik, selfs om te noem,Yog 3:20,21
13. maar alles word uitgewys vanuit die lig en word openbaar, want alles wat iets openbaar, is lig.Rom 13:11; 1 Thes 5:6
14. Dit word daarom gesê: “Word wakker, jy wat slaap en staan op vanuit hulle wat dood is en Die Gesalfde Een sal jou verlig.”
15. Kyk daarom presies hoe julle leef: eerbaar, nie soos dwase nie, maar soos wyses
16. wat hulle geleenthede uitkoop omdat die dae boos is.
17. As gevolg hiervan moet julle nie dwaas word nie, maar verstaan wat die wil van die Meester is.
18. Moenie dronk word van wyn nie, daarin is losbandigheid, maar word voortdurend met die Gees vervul.