19. Praat met julleself in psalms, lofliedere en liedere van die Gees en sing in julle gedagtes, wil en emosie tot יהוה:
20. Gee altyd dank tot God-die-Vader vir almal, in die Karakter en Outoriteit (Naam) van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een
21. en wees aan mekaar gehoorsaam in die liefde van Die Gesalfde Een.
22. Vroue, wees aan julle eie mans gehoorsaam, net soos aan ons Meester,
23. want die man is die hoof van die vrou, net soos Die Gesalfde Een ook Hoof is van die gemeente en Hy is die Redder van die liggaam,
24. maar soos die gemeente aan Die Gesalfde Een gehoorsaam is, op dieselfde manier moet die vroue ook, in alles, aan hul eie mans wees.
25. Mans julle moet julle eie vroue liefhê, net soos Die Gesalfde Een ook die gemeente liefgehad en Homself om haar ontwil oorgegee het,
26. om dit af te sonder en te reinig in die wassing met water (Mikveh) en in die WoordLvL 4:7
27. en Hy sal die gemeente vir Hom bevestig, wanneer dit vol lof en eer, sonder vlek of kreukel of enige iets soortgelyks is, maar dit moet afgesonderd en sonder fout wees.
28. Op dié manier moet mans hulle eie vroue liefhê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief,
29. want niemand het ooit sy eie liggaam gehaat nie, maar hy voed en sorg vir sy eie, net soos die Meester vir die gemeente,
30. want ons is ledemate van Sy liggaam, van Sy vlees en van Sy bene.Gen 2:24
31. “Die man moet daarom sy vader en sy moeder verlaat en hom aan sy vrou verbind en hulle twee sal een liggaam wees.”
32. Hierdie geheim is groot, maar ek sê dit met die oog op Die Gesalfde Een en die gemeente,
33. maar oók vir elkeen van julle, wat oók afsonderlik sy eie vrou moet liefhê, net soos homself en die vrou moet haar man respekteer.