Efesiërs 3:8-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Aan my, die geringste van al die afgesonderdes, is hierdie onverdiende guns gegee om onder die ander nasies die goeie boodskap van die rykdom van Die Gesalfde Een, wat nie ondersoek word nie, te verkondig

9. en dat ek elke persoon die lig laat sien deur die toepassing van die geheim, wat verborge was vir die wêreld, in God, die Skepper van alles

10. sodat die groot en omvattende wysheid van God, deur die heersers en outoriteite wat in die hemele is, deur die gemeente geken sal word.

11. Dit wat Hy voorbereid gehad het vanaf ewigheid en uitgevoer het in Yeshua, Die Gesalfde Een, ons Meester,

12. in Wie ons vrymoedigheid en toegang het, in die versekering van Sy vertroue.

13. As gevolg hiervan vra ek dat julle nie swak word deur my beproewinge ter wille van julle nie, want dit is julle eer en lof.

14. Ek buig my knieë voor die Vader van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een,

15. vanaf Wie elke vaderskap in die hemele en op die aarde sy karakter en outoriteit (naam) ontvang

16. sodat Hy aan julle kan gee volgens die rykdom van Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid om met wonderwerkende krag in Sy Gees versterk te word dat in julle innerlike mens,

17. Die Gesalfde Een deur vertroue mag bly en dan in julle verstand, wil en emosie, in liefde, julle wortel en fondasie versterk

18. sodat julle saam met al die afgesonderdes kan ontdek wat die breedte, lengte, diepte, hoogteKol 1:9; Kol 3:14

19. en die grootheid van die kennis van die liefde van Die Gesalfde Een is en dit kan ken en gevul kan word met al die volheid van God.

20. Aan Hom wat meer as kragtig is, om vir ons te doen ver bo alles wat ons vra of dink, volgens Sy wonderwerkende krag wat in ons werk,

21. die eer, lof en aanbidding in Sy gemeente, in eenheid met Die Gesalfde Een, Yeshua, deur alle geslagte vir tydlose ewigheid! Dit is waar!

Efesiërs 3