Deuteronomium 34:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Moshe het opgegaan uit die vlaktes van Mo’av na die berg N’vo, na die top van Pisgah, wat oorkant Yerigo lê en יהוה het hom die hele land, van Gil’ad tot so ver as Dan laat sien,

2. die hele Naftali, die land van Efrayim en M’nasheh en die hele land van Y’hudah tot by die Westelike See,

3. die Negev (Suidland) en die vlakte in die vallei van Yerigo, die Palmstad, tot by Zoar.

Deuteronomium 34