3. Inderdaad, Hy het in hulle behoeftes voorsien en hulle geliefd gemaak onder die nasies. Hy het al Sy afgesonderdes geseën en hulle het naby, in U voetspore, gevolg; elkeen het U boodskappe ontvang.
4. Moshe het aan ons die wet oorgedra, ’n besitting vir die vergadering van Ya’akov.
5. Hy is koning in Yeshurun, toe die hoofde van die volk bymekaargekom het, die stamme van Yisra’el saam.
6. Mag Re’uven leef en nie sterf nie en sy manne ook nie min wees nie.”
7. Hierdie is die seën vir Y’hudah: “Hoor, O יהוה, die stem van Y’hudah en bring hom naby sy mense; met sy hande het hy vir hulle baklei en mag U vir hom ’n Hulp wees teen sy teëstanders.”
8. Van Levi het hy gesê: “Laat U afsondering en U lig behoort aan die regverdige een, wat U bewys het deur toetsinge en wat U getoets het by die waters van M’rivah;