Deuteronomium 27:20-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. ‘Vervloek is hy wat by die vrou van sy vader lê, want hy het die kleed van sy vader opgelig.’ Al die mense moet sê: ‘Dit is waar.’

21. ‘Vervloek is hy wat by enige dier lê.’ Al die mense moet sê: ‘Dit is waar.’

22. ‘Vervloek is hy wat by sy suster, die dogter van sy vader of die dogter van sy moeder, lê.’ Al die mense moet sê: ‘Dit is waar.’

23. ‘Vervloek is hy wat by sy skoonmoeder lê.’ Al die mense moet sê: ‘Dit is waar.’Gen 4:11

24. ‘Vervloek is hy wat sy naaste in die geheim doodslaan.’ Al die mense moet sê: ‘Dit is waar.’

25. ‘Vervloek is hy wat ’n omkoopgeskenk aanvaar om ’n onskuldige persoon dood te slaan.’ Al die mense moet sê: ‘Dit is waar.’

26. ‘Vervloek is hy wat nie die woorde van hierdie wet bevestig deur dit te doen nie.’ Al die mense moet sê: ‘Dit is waar.’

Deuteronomium 27