Deuteronomium 23:12-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Jy moet ook buitekant die kamp ’n plek hê en daarheen uitgaan

13. en jy moet by jou gereedskap ’n graaf hê; as jy buitekant gaan sit, moet jy daarmee grawe, omdraai en jou uitskeiding toegooi.

14. Aangesien יהוה, jou God, midde-in jou kamp loop om jou te bevry en jou vyande voor jou te verslaan; daarom moet jou kamp afgesonder wees en Hy moet niks afstootliks by jou sien nie of Hy sal van jou af wegdraai.

15. Jy mag nie ’n slaaf wat van sy meester af na jou toe ontsnap het, aan sy meester oorhandig nie.

Deuteronomium 23