Deuteronomium 23:10-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. As daar iemand onder jou is wat weens ’n onverwagte gebeurtenis in die nag onrein is, moet hy uit die kamp uitgaan; hy mag nie in die kamp inkom nie,

11. maar dit sal wees, as die aand naderkom, moet hy homself in water bad en teen sonsonder mag hy teruggaan in die kamp.

12. Jy moet ook buitekant die kamp ’n plek hê en daarheen uitgaan

13. en jy moet by jou gereedskap ’n graaf hê; as jy buitekant gaan sit, moet jy daarmee grawe, omdraai en jou uitskeiding toegooi.

Deuteronomium 23