Deuteronomium 22:22-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. As ’n man betrap word terwyl hy by ’n getroude vrou lê, moet hulle altwee sterf: die man wat by die vrou lê en die vrou. So moet jy dan die bose uit Yisra’el uitroei.

23. As ’n meisie, ’n maagd wat aan ’n man verloof is, deur ’n ander man in die stad gekry word en hy by haar lê,

24. dan moet jy hulle altwee na die poort van die stad uitbring en hulle stenig tot die dood; die meisie omdat sy in die stad nie uitgeskree het nie en die man omdat hy die vrou van sy naaste onteer het. So moet jy dan die bose uit jou midde uitroei,

Deuteronomium 22