15. want die hand van יהוה was waarlik teen hulle om hulle uit die kamp te vernietig totdat hulle almal vergaan het.
16. So was dit, toe al die soldate volkome onder die volk uit weggesterf het,
17. het יהוה met my gepraat en gesê:
18. ‘Op hierdie dag trek jy oor die grens van Mo’av by Ar
19. en wanneer jy naby die seuns van `Ammon kom, moenie vyandigheid teenoor hulle wys of in stryd met hulle gaan nie, want Ek sal niks van die seuns van `Ammon se land vir jou as besitting gee nie omdat Ek dit aan die seuns van Lot as besitting gegee het.
20. (Dit word ook as ’n land van reuse beskou; reuse het vroeër daar gebly, maar die `Ammoniete noem hulle Zamzumiete,
21. ’n volk groot, talryk en lank van gestalte soos die `Anakiete, maar יהוה het dié voor hulle uit vernietig en hulle het hul onteien en in hulle plek gaan bly,
22. net soos Hy vir die seuns van Esav gedoen het wat in Se’ir bly, toe Hy die Horiete voor hulle uit vernietig het, hulle dié onteien het en in hulle plek gaan bly het tot vandag toe
23. en die `Aviete wat in die dorpies gebly het so ver as Gaza; die Kaftoriete wat uit Kaftor afkomstig was, het hulle vernietig en in hulle plek gaan bly.)
24. Staan op, vertrek en gaan deur die Arnonvallei. Let op, Ek het Sigon, die koning van Heshbon, die Emoriet en sy land in jou hand gegee. Begin om dit in besit te neem en begeef jou in oorlog teen hom.
25. Op hierdie dag sal Ek begin om die angs en die vrees vir jou op die volke, onder al die hemele, se gesigte te sit, wat die tyding aangaande jou sal hoor en in angs en bewing oor jou sal wees.
26. Ek het boodskappers gestuur uit die wildernis van K’demot na Sigon, die koning van Hesbon, met woorde van vrede en gesê:
27. ‘Laat my deur jou land gaan; ek sal direk op die pad deurgaan; ek sal nie regs of links uitdraai nie.
28. Jy moet kos aan my verkoop vir geld sodat ek kan eet en vir my water gee vir geld sodat ek kan drink; laat my net te voet deurtrek,
29. soos die seuns van Esav wat in Se’ir bly en die Mo’aviete wat in `Ar bly vir my gedoen het totdat ek deur die Yarden trek, in die land in wat יהוה, ons God, vir ons gee.’