9. Ek het met julle in dié tyd gepraat en gesê: ‘Ek kan julle nie alleen dra nie.
10. יהוה, julle God, het julle vermenigvuldig en let op, hier is julle vandag soos die sterre van die hemel in getal.
11. Mag יהוה, die God van julle vaders, julle ’n duisend maal meer maak as wat julle is en julle seën soos Hy julle beloof het!
12. Hoe kan ek julle moeilikhede, laste en regsake alleen dra?
13. Kies wyse, verstandige en ervare manne vanuit julle stamme en ek sal hulle leiers oor julle maak.’
14. Julle het my geantwoord en gesê: ‘Dit wat u vir ons gesê het, is goed om te doen.’
15. Ek het die hoofde van julle stamme, wyse en ervare manne, gevat en hulle as hoofde oor julle aangestel, heersers oor duisend, heersers oor honderd, heersers oor vyftig, heersers oor tien en opsigters vir julle stamme.
16. Ek het in dié tyd julle regters beveel en gesê: ‘Luister na die sake tussen julle broers en oordeel onpartydig opreg tussen ’n man en sy volksgenoot, of die vreemdeling wat by hom is.Ya’a 2:9 julle moet die klein sowel as die groot sake aanhoor; julle moet nie bang wees vir enige mens nie, want die oordeel is God s’n en enige saak wat vir julle te moeilik is, moet julle na my toe bring en ek sal dit aanhoor.’
17. Julle mag nie partydig wees in oordele nie;
18. In daardie tyd het ek julle al die dinge beveel wat julle moet doen.
19. Toe het ons weggetrek van Horev af en deur daardie hele groot en vreeslike wildernis getrek wat julle op pad na die bergland van die Emoriete gesien het, soos יהוה, ons God, ons beveel het en ons het tot by Kadesh-Barnea gekom.
20. Ek het vir julle gesê: ‘Julle het by die bergland van die Emoriete gekom wat יהוה, ons God, vir ons gee.
21. Let op, יהוה, jou God, het die land voor jou geplaas; gaan op en neem dit in besit soos יהוה, die God van jou vaders, vir jou gesê het; moenie bang en ontmoedig wees nie.’
22. Almal van julle het na my toe gekom en gesê: ‘Laat ons manne voor ons uitstuur sodat hulle vir ons die land kan verken en aan ons berig kan bring aangaande die pad waarlangs ons moet optrek en van die stede waarin ons sal kom.’
23. Die saak was goed in my oë sodat ek twaalf man vanuit julle, een man uit elke stam, gevat het.
24. Hulle het weggedraai en opgegaan in die bergland, tot by die vallei van Eshkol en dit verken.
25. Hulle het van die vrugte van die land in hulle hand geneem en dit na ons toe afgebring en aan ons verslag gedoen en gesê: ‘Die land wat יהוה, ons God, aan ons gee, is goed.’
26. Nogtans wou julle nie optrek nie, maar julle het teen die opdrag van יהוה, julle God, gerebelleer
27. en in julle tente gemurmureer en gesê: ‘Omdat יהוה ons haat, het Hy ons uit Mitzrayim uitgelei om ons in die hand van die Emoriete oor te gee, om ons te vernietig.