Dani'el 8:12-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. ’n Leërmag is aan die horing gegee teen die voortdurende offer deur oortredings en die afgesonderde voorwerp is teen die grond neergegooi en die horing het aangegaan en was voorspoedig.

13. Toe hoor ek ’n afgesonderde praat en ’n ander afgesonderde het aan die een wat praat, gesê: “Hoe lank sal die visioen aangaande die voortdurende offer duur en hoe gou sal die oortreding en korrupsie verby wees en die Afgesonderde Plek en leërmag onder voete vertrap word?”

14. Hy het vir my gesê: “Twee duisend drie honderd dae, dan sal onpartydige opregtheid oorwin.”

15. Dit het gebeur toe ek, Dani’el, die visioen gesien en dit probeer verstaan het, let op, toe staan daar voor my asof die voorkoms van ’n man

16. en ek hoor ’n mansstem tussen die banke van die Ulai, wat uitroep en sê: “Gavri’el, laat hierdie man die visioen verstaan!”

17. Hy het gekom na waar ek staan en toe hy gekom het, was ek bang en het ek op my gesig geval, maar hy het vir my gesê: “Verstaan, o seun van die mens, want teen die tyd van die einde, sal die visioen wees.”

18. Terwyl hy met my praat, was ek in ’n diep slaap met my gesig op die grond, maar hy het my aangeraak en my laat regop staan

19. en vir my gesê: “Let op, ek sal jou wys wat aan die einde van die woede sal gebeur, want met die afhandeling van die bepaalde tyd, sal die einde wees.

20. Die ram wat jy gesien het met die twee horings, verteenwoordig die konings van die Mede en die Perse.

21. Die bokram is die koning van Griekeland en die groot horing wat tussen sy oë was, is die eerste koning.

22. Die horing wat gebreek is en vier ander het onder dit opgestaan: vier konings sal uit sy volk uit opstaan, maar nie in hul eie krag nie

23. en aan die einde van hulle koninkryk, wanneer die oortredings tot ’n einde kom, sal ’n koning met ’n harde voorkoms, wat raaisels verstaan, opstaan

Dani'el 8