21. Ek het gekyk en gesien dat hierdie selfde horing oorlog maak teen die afgesonderdes en hulle oorwin,
22. totdat die Hoogwaardige van dae (Ewigdurende) gekom het en regverdige oordeel verskaf het aan die afgesonderdes van die Allerhoogste en die tyd het gekom dat die afgesonderdes die Koninkryk sou besit.
23. Hy het vir my gesê: “Die vierde dier sal die vierde koninkryk op die aarde wees, wat groter sal wees as al die koninkryke op die aarde en die hele aarde sal verslind, dit sal vertrap en dit in stukkies breek.Open 12:3
24. Die tien horings vanuit hierdie koninkryk is tien konings wat sal opstaan en ’n ander koning sal ná hulle opstaan en hy sal groter wees as die eerstes en drie konings verslaan.Dan 11:36; Open 13:5 en planne maak teen die afgesonderdes van die Allerhoogste en beplan om vasgestelde tye en wette te verander en hulle sal in sy hand oorgegee word vir ’n tyd, tye en ’n halwe tyd,