Dani'el 7:14-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Daar is aan Hom heerskappy en lof en eer en ’n Koninkryk gegee sodat al die volke, nasies en tale Hom sal dien; Sy Heerskappy is ’n ewige heerskappy wat nie sal verbygaan nie en Sy Koninkryk is een wat nie vernietig sal word nie.

15. Wat my, Dani’el, betref, my gees was verontrus in my bed en die visioene van my kop het my gepla.

16. Ek het nader gekom na een van die wat daar bedien het en van hom die waarheid gevra aangaande hierdie dinge en hy het aan my die waarheid bekend gemaak en die betekenis daarvan laat verstaan:

17. Toe het hy vir my gesê: “Hierdie vier groot diere wat jy sien, is vier konings wat uit die aarde sal opstaan,

18. maar die afgesonderdes van die Allerhoogste sal die Koninkryk ontvang en dit besit vir ewig en ewig.”Open 17:8

19. Toe wou ek die waarheid weet aangaande die vierde dier wat anders was as al die ander, buitengewoon verskriklik, met tande van yster en naels van koper, wat verslind, in stukke breek en wat oorbly, met sy pote vertrapOpen 13:1-2

20. en aangaande die tien horings wat op sy kop is en die ander horing wat tussen hulle opgekom het en waarvoor drie geval het; die horing wat oë en ’n mond gehad het, wat baie groot dinge gepraat het, wat se gestalte groter was as die ander.

21. Ek het gekyk en gesien dat hierdie selfde horing oorlog maak teen die afgesonderdes en hulle oorwin,

22. totdat die Hoogwaardige van dae (Ewigdurende) gekom het en regverdige oordeel verskaf het aan die afgesonderdes van die Allerhoogste en die tyd het gekom dat die afgesonderdes die Koninkryk sou besit.

Dani'el 7