Dani'el 7:1-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In die eerste jaar van Belshatzar, koning van Bavel, het Dani’el ’n droom gesien en visioene in sy kop terwyl hy op sy bed lê. Toe het hy die droom opgeskryf en die volheid daarvan vertel.

2. Dani’el het gepraat en gesê: “Ek het in die nag in my visioen gesien en let op, die vier winde van die hemel het die groot see in beroering gebring

3. en vier groot diere het uit die see uit opgekom, elkeen verskillend van die ander.

4. Die eerste was soos ’n leeu en hy het arendsvlerke gehad; ek het gekyk totdat sy vlerke afgeruk is en hy het van die grond af opgestaan en soos ’n mens op sy voete gestaan en ’n mens se verstand, wil en emosie is daaraan gegee.

5. Let op, die tweede dier was soos ’n beer en dit het opgestaan aan een kant en dit het drie ribbes in sy bek tussen sy tande gehad en hulle het só vir hom gesê: “Staan op, verteer baie vlees.”

6. Na hierdie dinge het ek gekyk en let op, nog ’n dier, soos ’n luiperd, wat vier vlerke van ’n voël aan sy sye gehad het; die dier het ook vier koppe gehad en heerskappy is aan hom gegee.Open 12:3

7. Na hierdie dinge het ek in die visioen in die nag gesien en let op, ’n vierde dier: verskriklik, magtig, uitermate sterk en dit het groot ystertande gehad; dit het verslind en in stukke geskeur en wat oorgebly het, met sy pote vertrap en dit was anders as al die diere wat voor hom was en dit het tien horings gehad.Open 13:1-2

8. Ek het die horings besigtig en let op, daar kom ’n ander horinkie tussen hulle op en drie van die vorige horings is daardeur ontwortel en let op, in hierdie horing was oë soos van ’n mens en ’n mond wat groot dinge praat.Open 1:14; Open 5:13; Open 20:4

9. Toe het ek gekyk en let op, trone is reggesit en die Hoogwaardige van dae (Ewigdurende) het gaan sit; Sy kleed was wit soos sneeu en die hare van Sy kop soos skoon wol; Sy troon was soos ’n brandende vlam, die wiele daarvan soos ’n brandende vuur.

10. ’n Stroom van vuur het gevloei en voor Hom uit gegaan; duisend keer duisende het Hom bedien en tien duisend keer tien duisende het voor Hom gestaan; die regter het gaan sit en die boeke is geopen.Open 19:20

11. Ek het gekyk en let op, die dier is gedood en sy liggaam vernietig en aan die brandende vlam oorgegee.

12. Wat die ander diere betref, hulle heerskappy is weggevat, tog is hulle lewe verleng vir ’n seisoen en ’n tyd.Mar 14:62; Luk 21:27; Hand 1:11; Open 1:7 en Hy het na die Hoogwaardige van dae (Ewigdurende) gekom en hulle het Hom na Hom toe gebring.Mat 26:64

13. Ek het in die nagtelike visioen gesien en let op, Een soos die Seun van ’n mens het met die wolke van die hemel gekomMat 24:30; Mar 13:26

14. Daar is aan Hom heerskappy en lof en eer en ’n Koninkryk gegee sodat al die volke, nasies en tale Hom sal dien; Sy Heerskappy is ’n ewige heerskappy wat nie sal verbygaan nie en Sy Koninkryk is een wat nie vernietig sal word nie.

15. Wat my, Dani’el, betref, my gees was verontrus in my bed en die visioene van my kop het my gepla.

16. Ek het nader gekom na een van die wat daar bedien het en van hom die waarheid gevra aangaande hierdie dinge en hy het aan my die waarheid bekend gemaak en die betekenis daarvan laat verstaan:

Dani'el 7