Dani'el 4:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het N’vukhadnetzar, die koning, aan al die volke, nasies en tale wat op die hele aarde bly geskryf: “Mag julle vrede vermenigvuldig word!

2. Ek het dit goed gedink om die tekens en wonders wat die Allerhoogste God aan my gedoen het, te publiseer.

3. Hoe groot is Sy tekens en hoe magtig Sy wonderwerke! Sy Koninkryk is ’n ewige Koninkryk en Sy heerskappy is van geslag tot geslag!

4. Ek, N’vukhadnetzar, was rustig in my huis en ontspanne in my paleis.

Dani'el 4