17. dan sal hy sy gesig daarop rig om die versterkte stede van al die koninkryke in te val en al die mense wat by hom is, sal vorentoe gaan, maar ’n dogter van die mens sal aan hom gegee word sodat sy hom kan vernietig, maar dit sal nie slaag nie en hy sal haar ook nie vir homself vat nie.
18. Daarna sal hy sy gesig draai na die eilande en baie daarvan verower en wegdoen met ’n heerser wat hom verag het en sy veragting laat terugkeer op homself.
19. Dan sal hy sy gesig draai na die vestings van die aarde, maar hy sal oorwin word en val en nie meer gevind word nie,
20. dan sal ’n swak heerser in sy plek opstaan en ’n afhanklike van die koninkryke, maar binne ’n kort tydjie sal hy vernietig word, maar nie deur woede of deur oorlog nie.
21. In sy plek sal ’n veragtelike persoon opstaan voor wie hulle nie die koninklike eer sal lê nie, maar hy sal skielik kom en deur bedrog die koninkryk gryp
22. en die versterkte stede in die provinsies sal geplunder word en selfs die leierpriesters van die verbond voor hom uit verstrooi
23. en sommige wat ’n bondgenootskap met hom sal aangaan, sal bedrieglik teen hom werk
24. en tog sal hy sterk word en hom verenig met kleinere mensies en met die ryk stede en hy sal doen wat sy vaders en sy vaders se vaders nie gedoen het nie: hy sal roof en buit en rykdom wegdra, ja en planne teen hulle provinsies maak.
25. Vir ’n tyd sal hy sy krag en sy moed opwek teen die koning van die suide met ’n groot en magtige leër en die koning van die suide sal uitgetart word in geveg met ’n groot leër en hy sal baie sterk word, maar hy sal nie staande bly nie, want hulle sal planne teen hom beraam.
26. Ja, hulle wat sy lekkernye eet sal hom vernietig en sy leër verstrooi en baie sal dood neerval
27. en albei daardie konings se verstand, wil en emosie sal gedraai word om kwaad te doen en aan een tafel sal hulle leuens praat, maar hulle sal nie voorspoedig wees nie, want die einde sal op die vasgestelde tyd kom,
28. dan sal hy na sy eie land teruggaan met ’n groot leër en sy verstand, wil en emosie sal teen die afgesonderde verbond wees
29. en hy sal doen soos die vorige keer, net so in die latere tyd.
30. Skepe van Kittim sal teen hom kom en hom oorwin en hy sal terugkom en verontwaardig wees teen die afgesonderde verbond; hy sal ’n verstandhouding hê met hulle wat die afgesonderde verbond verlaat hetMat 24:15; Mar 13:14
31. en hulle leërs sal opstaan vanuit hulleself en hulle sal die magtige Afgesonderde Plek onrein maak en wegdoen met die daaglikse offers en die verwerplike afgode opstel.
32. Hulle wat boos handel teen die verbond sal hy afvallig maak, maar die volk wat hulle God ken, sal onveranderlik sterk wees.Heb 11:33-40
33. Die regverdiges onder die mense sal baie onderrig; tog sal hulle val deur die swaard en die vuur, deur gevangeskap en berowing, ’n duisend dae lank.
34. Wanneer hulle val, sal hulle ’n klein bietjie hulp ontvang, maar baie ander teëspoed sal by hulle bygevoeg word deur misleiding.