Dani'el 1:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In die derde jaar van die regering van Y’hoyakim, koning van Y’hudah, het N’vukhadnetzar, koning van Bavel, na Yerushalayim gekom en dit beleër.

2. יהוה het dit, saam met Y’hoyakim, koning van Y’hudah, in sy hand gegee, saam met die voorwerpe van die huis van יהוה, wat hy weggedra het na die land van Shin’ar en gebring het na die huis van sy afgod en die voorwerpe het hy in die skathuis van sy afgod gebring.

3. Die koning het met Ashp’naz, hoof van die lyfknegte, gepraat en gesê hy moet sommige van die seuns van Yisra’el, uit die koninklike families, sowel as uit die edeles, bring:2 Kon 20:18

4. seuns met geen gebrek nie, wat aantreklik was in voorkoms, vernuftig in wysheid en in besit van kennis en insig in wetenskap, hulle wat bekwaam is om in die paleis van die koning te staan en hom te dien en vir wie hulle die opvoeding en die taal van die Kasdeërs kan leer.

5. Die koning het vir hulle ’n daaglikse porsie uit die kos van die koning en van die wyn wat hy gedrink het bestem, om hulle vir drie jaar te voed sodat hulle daarna voor die koning kan dien.

6. Tussen hulle was vanuit die seuns van Y’hudah: Dani’el, Hananyah, Misha’el en `Azaryah.

7. Die hoof van die lyfknegte het vir hulle name gegee: Dani’el het hy Belt’shatzar genoem, vir Hananyah: Shadrakh, vir Misha’el: Meishakh en vir `Azaryah: `AvedN’go.

8. Dani’el het in sy binneste besluit om nie van die koning se kos te eet, of van sy wyn te drink, nie; daarom het hy die hoof van die lyfknegte gevra om hom nie te dwing om te eet nie.

9. God het vir Dani’el guns en omgee voor die hoof van die lyfknegte gegee.

10. Die hoof van die lyfknegte het vir Dani’el gesê: “Ek vrees my meester, die koning, wat opdragte gegee het aangaande julle kos en julle drank. As hy sien julle voorkoms lyk slegter as dié van die jong seuns van julle ouderdom, sal die koning my laat onthoof.”

11. Toe sê Dani’el vir Menezar, wat die hoof van die lyfknegte oor Dani’el, Hananyah, Misha’el en `Azaryah aangestel het:

12. “Toets u diensknegte vir tien dae en laat hulle vir ons groente gee om te eet en water om te drink;

13. laat dan ons voorkoms en die voorkoms van die jong seuns, wat die kos van die koning eet, ondersoek en handel met u diensknegte volgens wat u sien.”

14. Hy het na hulle geluister in hierdie saak en hulle tien dae lank getoets

Dani'el 1