3 Yoganan 1:12-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Aangaande Demetrios: hy het ’n getuienis by almal, by die gemeente en vanaf die Waarheid self. Ons getuig ook van hom en julle weet dat ons getuienis waar is.

13. Ek het baie dinge gehad om vir jou te skryf, maar ek wil nie met ink en rietpen vir jou skryf nie,

14. maar ek hoop om jou gou te sien en persoonlik te praat. Vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid vir jou! Die vriende groet jou. Groet die vriende elkeen by die naam.

3 Yoganan 1