2 Timotheos 4:12-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Tugikos het ek na Efesos gestuur.

13. As jy kom, moet jy die boektas bring wat ek by Karpos in Troas gelos het en die boekrolle, veral dié rolle van perkament.

14. Alexander, die kopersmid, het my groot boosheid aangedoen. Mag ons Meester hom beloon volgens sy dade!

15. Wees jy ook versigtig vir hom, want hy is baie arrogant teenoor ons boodskappe.

16. By my eerste verdediging het niemand my ondersteun nie, maar almal het my verlaat. Mag dit nie teen hulle bereken word nie!

2 Timotheos 4