3. Verduur booshede soos ’n goeie soldaat van Yeshua, Die Gesalfde Een.
4. Niemand wat ’n soldaat is, is ook betrokke in die sake van die wêreld nie, om só die een tevrede te stel wat hom gekies het.
5. As iemand meeding, word hy nie bekroon as hy nie volgens die reëls meegeding het nie.
6. Dit is gepas dat die boer wat hard werk, eerste deur sy vrugte gevoed word.
7. Deurdink wat ek vir jou sê. Mag ons Meester vir jou insig gee in alle dinge!
8. Onthou Yeshua, Die Gesalfde Een, wat uit die dood uit opgestaan het; Hy wat uit die saad van Dawid is, volgens my goeie boodskap,
9. vir Wie ek booshede ervaar tot die punt van boeie soos ’n boosdoener, maar die boodskap van God is nie geketting nie.
10. As gevolg hiervan verdra ek alles ter wille van die wat gekies is sodat hulle ook die lewe wat in Yeshua, Die Gesalfde Een is, kan vind saam met die ewige Gemanifesteerde Teenwoordigheid.
11. Dit is ’n betroubare boodskap, want as ons saam met Hom gesterf het, sal ons ook saam met Hom leweYir 1:17b
12. en as ons volhardend ly, sal ons saam met Hom regeer, maar as ons Hom ontken, sal Hy ons ook ontken
13. en as ons nie in Hom vertrou het nie, Hy bly vertrouenswaardig, want Hy kan Homself nie ontken nie.
14. Herinner hulle aan hierdie dinge en beveel hulle voor ons Meester dat hulle geen stryd oor woorde moet hê, wat geen voordeel inhou, tot die omverwerping van dié wat dit hoor nie.
15. Let op jouself, dat jy jouself volmaak voor God aanbied, as ’n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die boodskap van die waarheid reguit verkondig
16. en leë, vrugtelose praatjies vermy, want hulle sal al meer by hulle boosheid byvoeg, húlle wat daarin praat
17. en hulle boodskap sal baie aangryp soos ’n verterende kanker. Een van hulle is Hoemenaios en ’n ander, Filetos,