2 Sh'mu'el 7:18-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Toe het Dawid, die koning, ingegaan en voor יהוה gesit en gesê: “Wie is ek en wat is my huis, יהוה-God, dat U my tot hiertoe gebring het?

19. Tog was dit gering in U oë, יהוה-God, want U het ook aangaande die huis van U kneg in die verre toekoms gepraat. Hierdie is die gewoonte van mense, יהוה-God!

20. Weer, wat meer kan Dawid vir U sê? Want U het ’n verbondsverhouding met U dienskneg, יהוה-God.

21. Ter wille van U boodskap en volgens U verstand, wil en emosie het U al hierdie groot dinge gedoen, om U dienskneg te laat weet.

22. Om hierdie rede is U groot, יהוהGod, want daar is niemand soos U en daar is geen God behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het.

23. Watter enkel volk is soos U volk Yisra’el, wat God vir Homself as ’n volk gaan bevry het, om vir Homself ’n Naam (Karakter en Outoriteit) te maak en om groot dinge te doen vir U en ontsagwekkende dinge vir U land, voor U volk wat U bevry het vir Uself vanuit Mitzrayim, van nasies en hulle gode?

24. Want U het vir Uself U volk Yisra’el bevestig as U eie volk vir ewig en U, יהוה, het vir hulle ’n God geword;

25. daarom nou, יהוהGod, bevestig die boodskap wat U aangaande U kneg en sy huis gesê het vir ewig en doen soos U gesê het

2 Sh'mu'el 7