2 Sh'mu'el 7:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit het gebeur dat, terwyl die koning in sy huis bly en יהוה hom rus gegee het van al sy vyande rondom hom

2. die koning vir Natan, die profeet, sê: “Kyk nou, ék bly in ’n huis van sederhout, maar die ark van God bly in tentdoeke.”

3. Natan het vir die koning gesê: “Gaan, doen alles wat in u gedagtes is, want יהוה is by u,”

4. maar in dieselfde nag kom die boodskap van יהוה tot Natan en sê:

2 Sh'mu'el 7