6. Maar die deugniete, elkeen van hulle sal weggegooi word soos dorings, want hulle kan nie aan die hand gevat word nie,
7. maar die man wat hulle aanraak moet bewapen wees met yster en die steel van ’n spies en hulle sal volkome verbrand word met vuur waar hulle is.”
8. Hierdie is die name van die magtige manne wat Dawid gehad het: Yoshev-Bashevet, ’n Tag’kmoniet, die hoof van die bevelvoerders; hy is `Adino die Etzniet, genoem omdat hy agt honderd op een slag doodgemaak het;
9. ná hom was El’azar, die seun van Dodo, die Agogiet, een van die drie magtige manne by Dawid toe hulle die F’lishtyne geminag het wat daar bymekaar was om te veg en die manne van Yisra’el teruggetrek het.
10. Hy het opgestaan en die F’lishtyne geslaan totdat sy hand moeg geword en aan die swaard vasgekleef het en יהוה daardie dag ’n groot oorwinning bewerk het en die manne het teruggekom ná hom net om te buit.
11. Ná hom was Shammah, die seun van Age, die Harariet. Die F’lishtyne het bymekaargekom in ’n eenheid waar daar ’n stuk grond was vol lensies en die mense het vir die F’lishtyne gevlug,
12. maar hy het gaan staan in die middel van die stuk grond, dit verdedig en die F’lishtyne verslaan en יהוה het ’n groot oorwinning bewerk.
13. Drie van die dertig hoofde het afgegaan en teen die oestyd by Dawid, by die grot van `Adullam, gekom terwyl ’n groep F’lishtyne gekamp het in die vallei van Refa’im.
14. Dawid was toe in die vesting terwyl die garnisoen van die F’lishtyne in Beit-Legem was.
15. Dawid het ’n begeerte gehad en het gesê: “O, dat iemand vir my water sou gee om te drink uit die put van Beit-Legem wat by die poort is?”
16. Die drie magtige manne breek toe deur die kamp van die F’lishtyne en skep water uit die put van Beit-Legem wat by die poort was en vat dit na Dawid toe. Nogtans wou hy dit nie drink nie, maar het dit uitgegooi tot eer van יהוה
17. en hy het gesê: “Mag dit ver van my wees, יהוה, dat ek dit sou doen! Sou ek die bloed drink van die manne wat in lewensgevaar gegaan het?” Hy wou dit daarom nie drink nie. Hierdie dinge het die drie magtige manne gedoen.
18. Avishai, die broer van Yo’av, die seun van Tz’ruyah, was hoof van die dertig. Hy het sy spies teen drie honderd geswaai en hulle doodgemaak en het ’n naam saam met die drie gehad.
19. Hy was die mees geëerde onder die dertig; daarom het hy hulle bevelvoerder geword, maar hy het nie by die eerste drie gekom nie.
20. Dan B’nayah, die seun van Y’hoyada, die seun van ’n dapper man van Kavtze’el, wat magtige dade gedoen het, het die twee seuns van `Ari’el van Mo’av doodgemaak. Hy het ook afgegaan en ’n leeu binne-in ’n gat doodgemaak op ’n dag wat dit gesneeu het.
21. Hy het ’n Mitzrayiet doodgemaak, ’n indrukwekkende man. Die Mitzrayiet het ’n spies in die hand gehad, maar hy het na hom toe afgegaan met ’n staf en die spies uit die hand van die Mitzrayiet geruk en hom met sy eie spies doodgemaak.
22. Hierdie dinge het B’nayah, die seun van Y’hoyada, gedoen en hy het ’n naam gehad saam met die drie magtige manne.