2 Sh'mu'el 22:25-41 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

25. daarom het יהוה my vergoed volgens my onpartydige opregtheid, volgens my reinheid voor Sy oë.

26. By die wat omgee, wys U Uself as een wat omgee, by die skuldlose wys U Uself skuldloos,

27. by die reine, wys U Uself rein en by die perverse, wys U Uself uitgeslape.

28. U verlos ’n verdrukte volk, maar U oë is op die hoogmoediges; U verneder hulle,

29. want U is my Lamp, o יהוה en יהוה verlig my duisternis,

30. want met U loop ek ’n bende storm, met die hulp van my God kan ek oor ’n muur spring.

31. Wat God betref, Sy pad is volmaak; die woord van יהוה is getoets; Hy is ’n Skild vir almal wat by Hom skuil,

32. want wie is God buiten יהוה en wie is ’n Rots buiten ons God?

33. God is my sterk Vesting en Hy plaas die skuldlose op Sy pad.

34. Hy maak my voete soos dié van hertooie, en laat my staan op my hoë plekke.

35. Hy oefen my hande vir die geveg sodat my arms ’n koper boog kan span.

36. U het ook vir my die skild van U verlossing gegee en U hulp maak my groot.

37. U vergroot my treë onder my en my voete het nie gegly nie.

38. Ek het my vyande agtervolg en hulle vernietig en ek het nie teruggedraai voordat hulle verteer is nie.

39. Ek het hulle verteer en hulle verbrysel sodat hulle nie opstaan nie en hulle het onder my voete geval,

40. want U het my met krag omgord vir die geveg, U het hulle wat teen my opstaan aan my onderwerp.

41. U het ook my vyande hulle rug na my laat draai en ek het dié vernietig wat my haat.

2 Sh'mu'el 22