2 Sh'mu'el 22:10-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Hy het die hemel neergebuig en afgekom, met dik duisternis onder Sy voete.

11. Hy het op ’n gérub gery en gevlieg; Hy het op die vlerke van die wind verskyn.

12. Hy het duisternis as afdakke rondom Hom gesit, massas van waters, dik wolke van die lug.

13. Vanuit die helderheid voor Hom is kole voor Hom aan die brand gesteek.Yeg 1:4-28; Yeg 10:1-22; Ps 18:8-14

14. יהוה het vanuit die hemel gedonder en die Allerhoogste het Sy stem laat hoor.

2 Sh'mu'el 22