2 Sh'mu'el 2:17-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Daardie dag was die geveg baie hewig en Avner en die manne van Yisra’el is verslaan voor die diensknegte van Dawid.

18. Die drie seuns van Tz’ruyah was daar: Yo’av, Avishai en `Asah’el. `Asah’el was so vlugvoetig soos een van die bokke wat in die veld is.

19. `Asah’el het Avner agtervolg en het nie regs of links afgedraai om Avner te agtervolg nie.

2 Sh'mu'el 2