2 Sh'mu'el 13:14-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Hy wou egter nie na haar luister nie en aangesien hy sterker was as sy, het hy haar onteer en by haar gelê.

15. Toe het Amnon haar gehaat met ’n baie groot haat, want die haat waarmee hy haar gehaat het, was groter as die liefde waarmee hy haar liefgehad het. Amnon sê vir haar: “Staan op, gaan weg!”

16. Sy sê egter vir hom: “Nee, want die verkeerde om my weg te stuur, is groter as die ander wat jy aan my gedoen het.” Tog wou hy nie na haar luister nie.

2 Sh'mu'el 13