2 Kronieke 9:24-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. terwyl elkeen sy geskenk saamgebring het: silwer voorwerpe en goue voorwerpe, klere, mirre, speserye, perde en muile, ’n vaste hoeveelheid, elke jaar.

25. Shlomo het veertig duisend stalle gehad vir perde en strydwaens asook twaalf duisend ruiters, wat hy in die stede vir strydwaens en by die koning in Yerushalayim gesit het.

26. Shlomo het geheers oor al die konings vanaf die Eufraat tot by die land van die F’lishtyne en tot by die grens van Mitzrayim.1 Kon 10:27; 2 Kro 1:15

2 Kronieke 9