2 Kronieke 9:19-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Twaalf leeus het weerskante op die ses trappe gestaan. Die gelyke is nooit in enige koninkryk gemaak nie.

20. Al die houers van die diens van koning Shlomo was van goud en al die voorwerpe van die koning se skatkamers was van suiwer goud; silwer is nie in die dae van Shlomo as iets gereken nie.

21. Die koning het skepe gehad wat na Tarsis gevaar het, saam met die diensknegte van Hiram; een maal elke drie jaar het die Tarsis-skepe ingekom, gelaai met goud, silwer, olifante, ape en poue.

2 Kronieke 9