11. en ’n plek vir die ark voorberei waarin die verbond van יהוה is, wat Hy met ons vaders gesluit het, toe Hy hulle uit die land van Mitzrayim uitgebring het.”
12. Shlomo het opgestaan voor die altaar van יהוה in die teenwoordigheid van die hele vergadering van Yisra’el en sy hande uitgesprei na die hemel,
13. want Shlomo het ’n koper verhoog gemaak en dit in die middel van die oopte opgestel; vyf el lank, vyf el breed en drie el hoog; hy het daarop gaan staan en op sy knieë neergebuig voor die hele vergadering van Yisra’el en sy hande na die hemel uitgesprei in gebed
14. en gesê: “יהוה, God van Yisra’el, daar is niemand soos U nie, U is יהוה wat in die hemele daar bo bly en U wil word op die aarde, hier onder, uitgevoer, wat U verbond hou en onverdiende guns bewys aan U diensknegte wat met hulle hele verstand, wil en emosie opreg voor U lewe,
15. U wat vir U kneg, my vader, Dawid, U belofte nagekom het; U het met U mond gepraat en met U wil volbring, soos dit vandag is;