2 Kronieke 4:18-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Shlomo het al hierdie voorwerpe in oorvloed gemaak, want die gewig van hierdie koper houers wat Shlomo gemaak het, was onberekenbaar.

19. Shlomo het al die voorwerpe vir die huis van God van suiwer goud gemaak, asook die goue altaar en die tafels waarop die brode van die Teenwoordigheid neergesit is

20. en die kandelare met hulle lampe om volgens voorskrif voor die binneste vertrek te brand

21. en die blomwerk, die lampe en die tange het hy van goud gemaak; van die suiwerste goud

2 Kronieke 4