26. Wat die koning van Y’hudah betref wat julle gestuur het om יהוה te raadpleeg, so moet julle vir hom sê: so sê יהוה, die God van Yisra’el aangaande die woorde wat jy gehoor het:
27. omdat jou verstand, wil en emosie nederig is en jy voor die Teenwoordigheid van יהוה gebewe het toe jy Sy woorde teen hierdie plek en teen sy inwoners gehoor het en jy jou voor My verneder het en jou klere geskeur en voor My Teenwoordigheid gehuil het, het Ek jou ook gehoor, sê יהוה;
28. daarom sal Ek jou by jou vaders neerlê en jy sal met vrede na jou graf gaan en jou oë sal nie al die boosheid sien wat Ek oor hierdie plek en oor sy inwoners sal bring nie.” Hulle het die antwoord na die koning gebring.
29. Toe het die koning gestuur en al die oudstes van Y’hudah en Yerushalayim bymekaar laat kom.
30. Die koning het opgegaan in die huis van יהוה en al die manne van Y’hudah, die inwoners van Yerushalayim, die priesters, die Leviete en die hele volk, groot en klein en hy het al die woorde van die boek van die verbond, wat in die huis van יהוה gevind is, voor hulle gelees.
31. Die koning het op sy plek gaan staan en ’n verbond met יהוה gesluit om יהוה te volg en Sy opdragte, Sy instellings en Sy getuienisse met sy hele verstand, wil en emosie en met sy hele lewe te onderhou, om die woorde van die verbond wat in hierdie boek geskryf is, te doen.
32. Hy het almal wat in Yerushalayim en in Binyamin te vinde was, die verbond laat aanvaar. Die inwoners van Yerushalayim het gedoen volgens die verbond van יהוה, God van hulle vaders.
33. Yoshiyahu het al die verwerplikhede wat יהוה voor die seuns van Yisra’el vernietig het, weggevat en almal wat in Yisra’el te vinde was, יהוה, hulle God, laat dien en hulle het nie daarvan afgewyk om יהוה, die God van hulle vaders, te volg nie.