15. Hilkiyahu, die priester, sê vir Shafan, die skrywer: “Ek het die boek van die wet in die huis van יהוה gevind!” Hilkiyahu, die priester, het die boek vir Shafan gegee
16. en Shafan, die skrywer het aan die koning vertel wat Hilkiyahu vir hom gesê het en aan hom woord gebring en gesê: “Alles wat u aan u diensknegte opgedra het, doen hulle:
17. hulle het die geld spandeer aan die herstel van die huis van יהוה en verslag gedoen aan die opsigters en die uitvoerders van die werk.”
18. Toe vertel Shafan, die skrywer, aan die koning en sê: “ Hilkiyahu, die priester, het aan my ’n boek gegee.” Shafan het dit voor die koning gelees.
19. Dit het gebeur toe die koning die woorde van die wet hoor, dat hy sy klere geskeur het.
20. Toe het die koning vir Hilkiyahu en Agikam, die seun van Shafan en `Avdon, die seun Mikhah en Shafan, die skrywer en `Asayah, die dienskneg van die koning se huishouding, beveel en gesê:
21. “Gaan, bid tot יהוה vir my en vir Yisra’el en Y’hudah aangaande die woorde van die boek wat gevind is, want die toorn van יהוה is groot wat oor ons uitgestort is omdat ons vaders nie geluister het na die woord van יהוה om te doen volgens alles wat in hierdie boek vir ons geskryf is nie.”
22. Toe gaan Hilkiyahu en die wat die koning aangestel het, na Huldah, die profetes, die vrou van Shallum, die seun van Tok’hat, die seun van Hasrat, die bewaarder van die houers; sy het in Yerushalayim gemediteer en hulle het met haar gepraat volgens die koning se opdrag.
23. Sy het vir hulle gesê: “So sê יהוה, die God van Yisra’el: sê aan die man wat julle na my toe gestuur het,
24. so sê יהוה: let op, Ek bring boosheid oor hierdie plek en oor sy inwoners, al die vervloekinge wat geskryf staan in die boek wat hulle aan die koning van Y’hudah voorgelees het
25. omdat hulle My verlaat en ander gode aanbid het, om My te tart tot woede met al die werke van hulle hande; daarom sal My toorn oor hierdie plek uitgestort word en sal nie uitgeblus word nie.
26. Wat die koning van Y’hudah betref wat julle gestuur het om יהוה te raadpleeg, so moet julle vir hom sê: so sê יהוה, die God van Yisra’el aangaande die woorde wat jy gehoor het:
27. omdat jou verstand, wil en emosie nederig is en jy voor die Teenwoordigheid van יהוה gebewe het toe jy Sy woorde teen hierdie plek en teen sy inwoners gehoor het en jy jou voor My verneder het en jou klere geskeur en voor My Teenwoordigheid gehuil het, het Ek jou ook gehoor, sê יהוה;