8. en Ek sal die volk Yisra’el ook nie weer van hierdie land af verwyder wat Ek aan hulle vaders gegee het nie; as hulle maar net aandag wil gee om alles te doen wat Ek hulle beveel het, volgens die hele wet en die instellings en oordele wat My dienskneg Moshe hulle beveel het.”
9. M’nasheh het Y’hudah en die inwoners van Yerushalayim laat wegdwaal om bose dade te doen soos die nasies wat יהוה voor die seuns van Yisra’el vernietig het.
10. יהוה het met M’nasheh en met Sy volk gepraat, maar hulle het nie geluister nie;