2 Kronieke 30:5-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Hulle het die opdrag bevestig om dit uit te voer en ’n aankondiging gemaak deur die hele Yisra’el, vanaf Be’er-Sh’va tot by Dan, dat hulle moes kom om die Pesag tot eer van יהוה, die God van Yisra’el, in Yerushalayim te hou, want hulle het dit vir ’n lang tyd nie gehou, soos voorgeskryf is nie.

6. Die hardlopers het met die briewe uit die hand van die koning en sy prinse deur die hele Yisra’el en Y’hudah gegaan en volgens die bevel van die koning gesê: “Seuns van Yisra’el, draai julle weer terug na יהוה, die God van Avraham, Yitz’gak en Yisra’el en Hy sal Hom draai tot julle, die wat oorgebly en ontsnap het uit die hand van die konings van Ashur

7. en wees nie soos julle vaders en julle broers wat oortree het teen יהוה, die God van ons vaders sodat Hy hulle oorgegee het aan verlatenheid nie, soos julle sien.

8. Wees nou nie hardnekkig, soos julle vaders was nie, maar kom in die Afgesonderde Plek wat Hy vir ewig afgesonder het en dien יהוה, julle God, dat die erns van Sy woede van julle af kan wegdraai,

9. want Hy het Homself aan julle openbaar, aan julle seuns en broers en Hy sal aan julle liefdevolle omgee bewys deur die wat julle gevange weggevoer het en julle terugbring na hierdie land, want יהוה, julle God, is vol onverdiende guns en omgee en Hy sal nie Sy gesig wegdraai van julle as julle na Hom toe terugdraai nie.”

10. Die hardlopers van koning Hizkiyahu het van stad tot stad deur die land van Efrayim en M’nasheh gegaan en selfs tot by Z’vulun,

11. maar sommige van die bose manne uit die stam van Asher, Efrayim, M’nasheh en Z’vulun het hulle uitgelag en gespot.

12. Nogtans het die res van die manne van hierdie stamme hulle verneder en na Yerushalayim gekom saam met die stam van Y’hudah. Die hand van God was op hulle, om vir hulle ’n eensgesinde verstand, wil en emosie te gee om die opdrag van die koning en sy prinse volgens die woord van יהוה uit te voer.

2 Kronieke 30