5. ’n Derde deel sal by die huis van die koning wees en ’n derde deel by die Fondasiepoort en die hele volk sal op wag wees in die howe van die huis van יהוה.
6. Niemand mag egter in die huis van יהוה ingaan nie, behalwe die priesters en die Leviete; húlle mag ingaan, want hulle is afgesonderd, maar die hele volk moet waghou oor die huis van יהוה.
7. Die Leviete moet rondom die koning gaan staan, elkeen met sy wapens in sy hand en wie anders ook al die binneste van die huis ingaan, moet gedood word, maar julle moet by die koning wees as hy in- en as hy uitgaan.”
8. Die Leviete en die hele Y’hudah het gedoen net soos die priester Y’hoyadah beveel het: elkeen het sy manne gevat wat op die Shabbat moes waghou saam met die wat op die Shabbat uitgaan, want Y’hoyadah, die priester, het hulle van hulle pligte onthef.
9. Y’hoyadah, die priester, het aan die bevelvoerders oor ’n honderd die spiese, die klein skilde en die skilde van koning Dawid gegee wat in die huis van יהוה was.