2 Kronieke 21:5-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Y’horam was twee en dertig jaar oud toe hy koning geword het en hy het agt jaar lank in Yerushalayim geheers.

6. Hy het in die lewenswyses van die konings van Yisra’el geleef, soos die huis van Ag’av gedoen het, want Ag’av se suster was sy vrou en hy het dit gedoen wat boos was in die oë van יהוה.

7. יהוה wou egter nie die huis van Dawid vernietig nie, ter wille van die verbond wat Hy met Dawid gesluit het en omdat Hy belowe het om vir hom en sy seuns ’n erfgenaam te gee vir ewig.

2 Kronieke 21