4. Toe Y’horam opgestaan het in die koninkryk van sy vader en homself versterk het, het hy in ’n geveg al sy broers met die swaard doodgemaak sowel as sommige van die oudstes van Yisra’el.
5. Y’horam was twee en dertig jaar oud toe hy koning geword het en hy het agt jaar lank in Yerushalayim geheers.
6. Hy het in die lewenswyses van die konings van Yisra’el geleef, soos die huis van Ag’av gedoen het, want Ag’av se suster was sy vrou en hy het dit gedoen wat boos was in die oë van יהוה.