2 Kronieke 20:30-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

30. Die heerskappy van Y’hoshafat was rustig, want יהוה het aan hom rus gegee reg rondom.

31. Y’hoshafat het oor Y’hudah regeer. Hy was vyf en dertig jaar oud toe hy begin heers het en hy het vyf en twintig jaar in Yerusalayim regeer. Sy moeder se naam was `Azuvah, die dogter van Shilgi.

32. Hy het in al die lewenswyses van sy vader Asa geleef en daar nie van afgewyk nie, deur dit te doen wat reg was in die oë van יהוה.

33. Nogtans is die altare op die hoë plekke nie verwyder nie, want tot nou toe het die volk nog nie hulle verstand, wil en emosie op die God van hulle vaders gerig nie.

34. Die res van die dade van Y’hoshafat, die vroeëre en die latere, let op, hulle is opgeskryf in die ‘Gesegdes van Yehu,’ die seun van Hanani, wat geskryf is in die Boekrol van die konings van Yisra’el.

2 Kronieke 20