1. Dit het hierna gebeur dat die seuns van Mo’av en die seuns van `Ammon, saam met die magtige soldate, teen Y’hoshafat kom veg het.
2. Toe het daar boodskappers gekom en aan Y’hoshafat berig gebring en gesê: “’n Groot weermag het teen u gekom van anderkant die see af, let op, hulle is al in Hatzatzon-Tamar, dit is `Ein-Gedi.”
3. Y’hoshafat was bang en hy het sy gesig opgelig om tot יהוה te bid en het ’n vas vir al die inwoners van Y’hudah uitgeroep. Hy het vir hulle gesê: “Kom, kry julleself bymekaar en laat ons van יהוה, ons God, vra.”
4. Al die inwoners van Y’hudah het bymekaargekom, selfs van veraf stede en hulle het gekom om van God te vra.