1. In die aand het Y’hoshafat, koning van Y’hudah, in vrede na sy huis in Yerushalayim teruggegaan.
2. Yehu, die seun van Hanani, die profeet, het uitgegaan om hom te ontmoet en vir koning Y’hoshafat gesê: “Moet u gaan om die bose oortreder te help en húlle liefhê wat יהוה haat? יהוה is daarom vir u kwaad,
3. maar goeie verslae is oor u gehoor, deurdat u nie onskuldige bloed in die land vergiet het nie en u verstand, wil en emosie voorberei het om in waarheid tot יהוה te bid.”
4. Y’hoshafat het in Yerushalayim gebly en hy het weer uitgegaan tussen die volk in vanaf die stad van Be’er-Sh’va tot by die gebergte van Efrayim en hulle teruggebring om יהוה, die God van hulle vaders, te aanbid.
5. Hy het regters in die land aangestel, in al die versterkte stede van Y’hudah en in die groot stede.
6. Hy het vir die regters gesê: “Let op wat julle doen, want julle oordeel nie namens die mens nie, maar namens יהוה, ons God.