2 Kronieke 19:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In die aand het Y’hoshafat, koning van Y’hudah, in vrede na sy huis in Yerushalayim teruggegaan.

2. Yehu, die seun van Hanani, die profeet, het uitgegaan om hom te ontmoet en vir koning Y’hoshafat gesê: “Moet u gaan om die bose oortreder te help en húlle liefhê wat יהוה haat? יהוה is daarom vir u kwaad,

3. maar goeie verslae is oor u gehoor, deurdat u nie onskuldige bloed in die land vergiet het nie en u verstand, wil en emosie voorberei het om in waarheid tot יהוה te bid.”

2 Kronieke 19