14. Toe hy by die koning kom, sê die koning vir hom: “Mikhay’hu, sal ons na RamotGil’ad gaan om te veg, of sal ek dit laat verbygaan?” Hy antwoord: “Gaan op en triomfeer en hulle sal in julle hand oorgegee word.”
15. Die koning sê vir hom: “Hoeveel maal moet ek jou smeek dat jy niks behalwe die waarheid, in die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה, vir my sal sê nie?”
16. Toe antwoord hy: “Ek het die hele Yisra’el op die berge verstrooid gesien, soos skape wat geen wagter het nie en יהוה het gesê: ‘Hulle het geen koning nie; laat elkeen van hulle dus in vrede teruggaan na sy huis toe.”
17. Toe sê die koning van Yisra’el vir Y’hoshafat: “Het ek u nie vertel dat hy niks goeds oor my wil profeteer nie, maar kwaad?”
18. Toe sê Mikhay’hu: “Hoor en luister daarom na die boodskap van יהוה: ek het יהוה sien sit op Sy troon en al die hemelse leërmagte staan aan sy regter- en aan sy linkerhand.
19. יהוה het gesê: ‘Wie sal vir Ag’av, die koning van Yisra’el, uitlok, dat hy kan opgaan en neergevel word by Ramot-Gil’ad?’ Een het gesê ek sal hom op hierdie manier uitlok en die ander op daardie manier.